Tulbagh Show 2015

Dit is met groot trots dat ons vanjaar vanaf 30 September – 03 Oktober 2015 ons 142ste landbouskou aanbied. Tulbagh Skou het ‘n ongeewenaarde rekord deurdat ons die oudste aaneenlopende skou in Suid-Afrika is.   Soos in die verlede sal die skou landbou georienteerd wees met ons hooffokus die perdekampioenskappe.

Die Walliese Ponie Kampioenskappe, WP Saalperd Streek Kampioenskappe asook die Friesperd Streek Kampioenskappe word aangebied. Een van die hoogte punte sal ongetwyfeld die Friesperd Kampioen van 8 Friesperde voor ‘n wa ingespan die Saterdag middag wees.

Die Veldblomtentoonstelling het geen bekendstelling nodig nie en die kampioenskapskou vir pluimvee asook sierduiwe kry ook groot aftrek. Bekende kunstenaars tree ook op tydens ons skou en verskeie maatskappye bied uitstallings aan wat groot aftrek by die publiek kry. Vermaak word as ‘n prioriteit beskou en ons poog om jaarliks hier op te verbeter.

Daar is ‘n wyntuin, restaurant en kroeë beskikbaar vir besoekers se gerief. Daar is ook ‘n “Funpark” hierdie jaar vir die kinders. Verskeie ander vertonings (deur Antieke trekkers), kindervermaak en uitstallings word aangebied. Daar gaan ook ‘n Skole atletiek aand aangebied word die Woensdag aand om 19:00 en die publiek kan vanaf 18:00 gratis toegang verkry tot die skougronde.

Kunstenaars wat gaan optree is: Donderdagaand – Steakaand met Desmond Wells, Vrydagaand – Waldo Lotz en Saterdagaand sal ‘n DJ musiek maak tot laat.  

Ons sien daarna uit om ‘n suksesvolle 2015 Skou aan te bied en hoop om u by die skou te verwelkom.

     Vriendelike Skougroete